10:44am SA Time 
  English Afrikaans  
21 July 2017 
Tuis  
Akkommodasie  
Kaart  
Fotos  
Oudtshoorn  
Kontak  
 

OUDTSHOORN

KANGO GROTTE

Die Kango Grotte is sleg een van die natuurlike wonders van die Klein Karoo & Oudtshoorn. n Ondergrondse juweel in die hart van die Swartberge.

Standaard Toer:
09:00 - 16:00 begin elke uur
Duur van Toer: 60 min

Avontuur Toer: 09:30 - 15:30 begin elke uur op die halfuur
Duur van Toer: 90 min

Oop elke dag behalwe Kersfees.

    

CANGO WILDLIFE RANCH

Die Cango Wildlife Ranch is perfek vir 'n familie uitstappie. Begeleide toere word aangebied op die perseel. Leer meer oor die fiksie en feite van die diere teenwordig, bv. krokodille, jagluiperde en tiere.

Vir die meer avontuurlistiges ontmoet van aangesig tot aangesig met van ons mees gevreesde diere. Streel 'n Jagluiperd, omring jouself deur 'n slang en duik saam met die Nylkrokodille.

Seisoen: 08:00 - 17:00 • Buite Seisoen: 08:00 - 16:30
Streel 'n Jagluiperd (Moet 16 jaar of ouer wees)

Daar is geen vasgestelde tye vir toere nie.

    

VOLSTRUISPLASE

Besoek een van on drie bekende volstruisplase in die omgewing. Hul bied jou n volledige pakket bv. • Streel en ry n volstruis • Eet n volstruiseier
• Eet volstruisvleis • Koop klein geskenkies by die winkelkies •

    

SWARTBERGE

Hierdie deel is bekend as n Wreld Erfenis deur die Kaapse Natuurbewaring. Die kruinroete lei al met die Swartberg langs vir omtrent 50km. Vir 4x4 liefhebbers is daar die roete na die Hel (Gamkaskloof), gele diep in die holte van die Swartberge.

WARM-LUGBALLON

Ervaar Oudtshoorn van n ander oogpunt. Beweeg oor Oudtshoorn in n warm-lugballon in die stille oggend ure terwyl Oudtshoorn nog slaap.

ARBEIDSGENOT

Arbeidsgenot is die huis van C.J. Langenhoven, bekend as vader van ons Afrikaanse taal.
Besoek Arbeidsgenot by Jan van Riebeeckweg 217 - Oudtshoorn

Besoektye
Dae: Maandag tot Vrydag
Tyd: 09:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00

LE ROUX DORPSHUIS

Hierdie huis was gebou in 1909 toe Oudtshoorn in die tweede volstruisveer era (1900 -1914) was - geld was op daardie stadium geen problem nie. Die dorpshuis was ontwerp deur een van Oudtshoorn se beste argitekte, met die mees moderne innoverings en was gebou van die beste ingevoerde en plaaslike materiale.

Die Le Roux dorpshuis is gele in Hoogstraat, tussen Kerk- En St Saviourstraat.

Tel: +27 44 272 3676
Maagdag tot Vrydag: 09:00 - 13:00 en 14:00 - 17:00

C.P. NEL MUSEUM

In 1972 was die CP Nel versameling na die museum gebring die voormalige Oudtshoorn seuns horskool. As gevolg hiervan is die sandsteengebou met sy asemrowende kloktoring, gered van vernietiging. Die gebou as n geheel dateer terug na die tweede volstruisveer era (1900 - 1914) en was in 1981 as n Nasionale Monument verklaar.

Besoektye:
Maandag tot Vrydag: 9:00 - 17:00

Adres: Baron van Reedestraat 3

PAAIE WAT LEI NA OUDTSHOORN



 
   
   
   
   
   
   
Copyright © 2017  ::  N.A. Smit Holiday Resort  •  Site by:  WebWorX